Eiendomme
Johann Duvenage
Tel: 071 491 3978
"VOEG DIE DAAD BY DIE WOORD"
Dit is wat diensbaarheid is... DOEN die DING.
Hierdie bediening sien om na die Eiendomme en geboue van die gemeente. Enige lidmaat wat hiermee wil help, is welkom om vir Jan te kontak.
Diensverhoudinge
Ouderling: Diensverhoudinge
Jacques van Niekerk
Tel: 082 829 3271
diensverhoudinge@kipkerk.org.za
Die kommissie vir DIENSVERHOUDINGE is die skakel tussen die Kerkraad en al die personeel wat
werknemers van hierdie gemeente is. Hierdie kommissie sien dus om na alle sake wat die personeel
raak, met gereelde verslag aan die kerkraad. Samevattend:
Hierdie kommissie moet seker maak dat die werknemers, en die gemeente as
werkgewer, hulle verpligtinge teenoor mekaar nakom.
Johan moet dus op hoogte wees van alle toepaslike arbeidswetgewingbepalings en besluite van die
Kerkorde ten opsigte van algemene personeelpraktyke. Hy moet toesien dat hierdie bepalings en
wetgewings toegepas word en natuurlik poog om te help waar moontlik.
DIENSVERHOUDINGE is ook 'n bediening teenoor die personeel. Die kommissie wil gereelde
evaluering fasiliteer, op hoogte bly van die personeel se welstand, behoeftes en versorging.
Daarmee saam natuurlik poog om te help waar moontlik.
Om hiermee te help, wil die kommissie op datum kom van wat op Sinodale vlak gebeur in hierdie
verband. Hulle wil ook kennis inwin by universiteite en instansies oor hoe om personeel te
begelei. Hierdie proses is 'n voordurende handeling en kan nie as 'n eenmalige aksie gesien
word nie.
Enkelpersoonbediening
Vakant op hierdie stadium
Roep die Here jou op om diensbaar te wees in of vir hierdie bediening?
Enige ander navraag oor hierdie bediening?
Kliek hier vir ds Anthonie Welman se kontak besonderhede
Ek is alleen.........
In die week hou my werk my in kontak met ander mense,
maar naweke is ek meestal alleen en raak ek moeg vir my eie geselskap.
My hond antwoord ook nie juis sinvol wanneer ek met hom debat probeer voer nie. Want sien, honde is nie eintlik geskape om die politiek van die dag te beredeneer nie.
My kinders het hulle eie lewens om te leef. Hulle kan my nie by al hulle aktiwiteite inpas nie.
Soms wens ek daar was net iemand wat Saterdagmiddag rustig saam met my kan sit en rugby kyk. (Laat ek liewer eerlik wees; ek is selde rustig wanneer ek rugby kyk).
Ek weet die Here is altyd by my en Hy is oneindig lief vir my. Hy het dan self gesien dat dit nie vir Adam goed was om alleen te wees nie. Hy verstaan dat ek soms mense om my nodig het.
Wanneer daar 'n ete by die kerk is, gaan ek nie. Ek wil nie alleen daar sit en oorbodig voel nie. Tussen my getroude vriende voel ek soms soos die vyfde wiel aan die wa... al is hulle hoe gaaf en lief en dierbaar... ek bly die "odd one out"!
Kan jy met my identifiseer?
Kom kuier dan saam met ander mense in ons gemeente wat verstaan hoe alleenwees voel. Ons wil graag na jou uitreik en jou intrek in ons wonderlike omgee-familie. Moenie eers hieroor broei nie...... kontak ons sommer nou!
Erediens
Ouderling: Erediens
Vakant
DIE EREDIENS IS ‘N GELEENTHEID WAAR ELKE GELOWIGE, SAAM MET MEDEGELOWIGES DIE HERE KAN LOOF EN PRYS.
GOD Sê IN SY WOORD WAAR 2 OF MEER BYMEKAAR IS, DAAR IS HY – DIT IS DUS DIé GELEENTHEID IN DIE WEEK WAAR ONS OOK GOD SE STEM KAN HOOR EN SAAM MET MEDEGELOWIGES HOM KAN DIEN.
DAAR IS AAN DIE EINDE VAN ELKE DIENS OOK DIE GELEENTHEID OM AS ‘N GEMEENSKAP VAN GELOWIGES OM ‘N KOPPIE TEE/KOFFIE SAAM TE KUIER.
Ek sien die doel van ʼn Eredienskommissie voorsitter om seker te maak dat die bogenoemde elke Sondag plaasvind. My rol is om te verseker dat elkeen wat in die diens van die Here is sy rol in die erediens verstaan en die nodige toerusting het om dit uit te voer. Dit sluit in die Lofprysings span, multimedia, klank, Prediker ens.
My rol is nie om enige van die bogenoemde se werk oor te neem nie, maar in die agtergrond te verseker die diens verloop vlot.
Finansies
Ouderling: Finansies
Dries van Tonder
Tel: 083 277 4394
Die kommissie opsommend:
Finansiële beplanning
Finansiële kontrole
In die beplanning sal die kommissie graag wou sien dat normale aktiwiteite befonds kan word en dat agterstallige onderhoud aan ons geboue gedoen kan word.
Indien enige lidmaat betrokke wil raak in hierdie bediening, kontak asseblief vir Dries.