As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Enkelpersoonbediening

Vakant op hierdie stadium

Roep die Here jou op om diensbaar te wees in of vir hierdie bediening?

Enige ander navraag oor hierdie bediening?

Kliek hier vir ds Anthonie Welman se kontak besonderhede

 

Ek is alleen.........

 

In die week hou my werk my in kontak met ander mense,

maar naweke is ek meestal alleen en raak ek moeg vir my eie geselskap.

My hond antwoord ook nie juis sinvol wanneer ek met hom debat probeer voer nie. Want sien, honde is nie eintlik geskape om die politiek van die dag te beredeneer nie.

 

My kinders het hulle eie lewens om te leef. Hulle kan my nie by al hulle aktiwiteite inpas nie.

Soms wens ek daar was net iemand wat Saterdagmiddag rustig saam met my kan sit en rugby kyk. (Laat ek liewer eerlik wees; ek is selde rustig wanneer ek rugby kyk).

 

Ek weet die Here is altyd by my en Hy is oneindig lief vir my. Hy het dan self gesien dat dit nie vir Adam goed was om alleen te wees nie. Hy verstaan dat ek soms mense om my nodig het.

 

Wanneer daar 'n ete by die kerk is, gaan ek nie. Ek wil nie alleen daar sit en oorbodig voel nie. Tussen my getroude vriende voel ek soms soos die vyfde wiel aan die wa...   al is hulle hoe gaaf en lief en dierbaar... ek bly die "odd one out"!  

 

Kan jy met my identifiseer?

 

Kom kuier dan saam met ander mense in ons gemeente wat verstaan hoe alleenwees voel. Ons wil graag na jou uitreik en jou intrek in ons wonderlike omgee-familie.  Moenie eers hieroor broei nie...... kontak ons sommer nou!

  

 

 

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable