Diensverhoudinge

Jacques van NiekerkOuderling: Diensverhoudinge
Jacques van Niekerk

Tel: 082 829 3271
diensverhoudinge@kipkerk.org.za

 
Die kommissie vir DIENSVERHOUDINGE is die skakel tussen die Kerkraad en al die personeel wat
werknemers van hierdie gemeente is.  Hierdie kommissie sien dus om na alle sake wat die personeel 
raak, met gereelde verslag aan die kerkraad.  Samevattend:  
Hierdie kommissie moet seker maak dat die werknemers, en die gemeente as 
 werkgewer, hulle verpligtinge teenoor mekaar nakom.
 
Johan moet dus op hoogte wees van alle toepaslike arbeidswetgewingbepalings en besluite van die 
Kerkorde ten opsigte van algemene personeelpraktyke.  Hy moet toesien dat hierdie bepalings en 
wetgewings toegepas word en natuurlik poog om te help waar moontlik. 
 
 
DIENSVERHOUDINGE is ook 'n bediening teenoor die personeel. Die kommissie wil gereelde 
evaluering fasiliteer, op hoogte bly van die personeel se welstand, behoeftes en versorging. 
Daarmee saam natuurlik poog om te help waar moontlik. 
Om hiermee te help, wil die kommissie op datum kom van wat op Sinodale vlak gebeur in hierdie 
verband. Hulle wil ook kennis inwin by universiteite en instansies oor hoe om personeel te 
begelei. Hierdie proses is 'n voordurende handeling en kan nie as 'n eenmalige aksie gesien 
word nie.