Vrouebediening

                              

Ouderling: Vrouebediening

Vakant

 

 

05 

Diaken : Gasvryheid
Julene van Niekerk
Tel: 073 386 9022


hmhgas@gmail.com 

 

 

 

Is jy 'n vroulike wese?


Is jy oud of jonk, getroud of ongetroud, werkend of nie-werkend?


Dan lees jy nou op die regte plek!!


Daar is niks so bevredigend soos 'n klomp gemeente sussies wat iets saam geniet nie. 'n Kamp of 'n uitstappie, 'n saamkuier om 'n teekoppie en selfs ook 'n saamkuier terwyl ons diensbaar is. DIT is wat ons wil doen in ons Vrouebediening.


Wat dienswerk betref: In ons gemeente gee ons baie aandag aan gawes. Ek hou van organiseer, jy hou van agter die skerms werk. Jy hou van koekies bak, ek hou van blomme rangskik. Dit is perfek, want daar is 'n plek vir elkeen van ons om hand by te sit. Die Here vra van ons om net iewerste ons gawes wat Hy vir ons gegee het, te gebruik. Ons wil nie hê jy moet iets doen waarvan jy gladnie hou nie, want dit was ook nie die Vader se plan toe Hy jou gemaak het nie. Ons wil nie hê jy moet doodgegooi word met 'n verantwoordelikheid nie, want dan raak jy moeg en jou dienswerk word 'n las. Ons wil hê jy moet iets doen wat vir jou maklik kom, dat jy 'n lekkerte kan beleef as jy dit doen. As elkeen van ons 'n bietjie doen, is dit vir 'n ander vrou baie makliker om haar bietjie te kan hanteer. As elkeen van ons ons bietjie doen, sit ons 'n glimlag op die Vader se gesig.


Groot vraag: Waar wil en kan jy jou hand uitsteek om jou bietjie te doen? Hier onder is 'n paar moontlikhede. Kliek op een van die epos adresse en laat weet vir Elsabé of Roelien, of bel ons asb.


Ons hoor GRAAG van jou. Verras ons met jou insette, ons hou van buite-die-boks dink.

 

Gasvryheid vrouebediening