As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Wysheid Beroep leraar

 

Pre-advieskomissie: Verslag insake soektog na nuwe predikant vir die gemeente.

 

In ons pogings om 'n predikant vir hierdie gemeente te kry, het ons alle aansoeke deeglik gekeur. Ons was nie in staat om 'n geskikte kandidaat vir die gemeente te identifiseer nie, behalwe miskien vir een belowende prediker. Die volgende is ons vertroulike verslag oor die beskikbare kandidate:

Adam: Goeie man, maar probleme met sy vrou.

Noag: 120 jaar in een gemeente. Neig na onrealistiese bouprojekte.

Abraham: Skokkende swinger-aktiwiteite. Verneem hy bied sy vrou vir ander mans aan.

Josef: 'n Groot denker en beplanner, maar spog graag. Het boonop 'n gevangenisrekord.

Moses: Aanvanklike indruk van nederigheid en sagmoedigheid, maar slegte kommunikeerder. Gerugte oor 'n moord uit sy verlede.

Dawid: Sterk leier, goeie sanger, maar skryf gedigte. Gerugte is bevestig dat hy 'n verhouding met sy buurman se vrou gehad het EN die buurman laat vermoor het.

Salomo: Slim predikant, baie goeie preekstof, maar ongelukkig ook 'n ware rokjagter.

Elia: Leef naby God, maar geneig tot depressie onder druk.

Elisa: Het verneem hy het in sy vorige gemeente met 'n weduwee saamgewoon.

Hosea: 'n Saggeaarde en liefdevolle predikant maar daar is 'n minder goeie verslag oor die pastoriemoeder se verlede.

Debora: Nie geskik nie. Vroulik.

Jeremia: Emosioneel onstabiel, negatief. Neiging om riskante eiendom te koop.

Jesaja: Hoor stemme en verbeel hom hy sien engele in die kerk – moontlik ‘n skisofreen. Ons teologiese raadgewers sê ons begaan 'n fout - daar bestaan nie so 'n prediker nie.

Jona: Steekse, onwillige werker. Ons het geluister totdat hy vir ons gesê het 'n vis het hom ingesluk en toe weer uitgespoeg. Ons teologiese raadgewers sê dis 'n wonderwerk en daarom nie moontlik nie.

Amos: Agterlik en onverfynd. Het 'n aksie teen ryk mense. Mag beter pas in 'n arm gemeente.

Johannes: Sê hy is 'n Baptis, maar trek beslis nie soos een aan nie. Het 'n bizarre diëet en kritiseer kerk- en staatsleiers.

Petrus: Van sakeman tot prediker. Onverfynd en impulsief. Vloek soms. Kom nie altyd oor die weg met mede-leraars nie.

Paulus: Kragtig, goeie leier en fassinerende predikant. Ongelukkig ontaktvol en preek te lank. Sê daar's 'n hemel, hel en 'n duiwel, waarmee sommige van ons universiteitsprofessore nie saamstem nie.

Timotheus: Te jonk.

Judas: Sy verwysings is solied. Ywerig, selfs fanaties. Konserwatief. Goeie konneksies. Goed met geldsake. Ons sal hom vra om volgende Sondag te kom preek.

GF2012 Lentefees 1 Sept

 

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable