Aanbevole roete Pta Jhb

Huidige aanbevole roete vanaf Johannesburg/Pretoria:

 

Neem asb kennis dat daar ry-stoppe is op beide die Tarlton-Ventersdorp pad sowel as die Koster-Lichtenburg pad waar mens ten minste 'n halfuur kan stilstaan en wag. Hierdie twee paaie is baie lelik en gevaarlik. Moet dus nie die GPS volg nie.

 

Huidiglik is die beste pad om te ry (met die minste oponthoude en slaggate):

Vanaf Pretoria neem N14 na Krugersdorp.  Ry  tot by Hendrik Potgieter weg wat kruis met N14 (naby Krugersdorp by die Sasol Garage op regter-oorkantste-hoek).

Draai regs na Magaliesburg (N14).

By T-aansluiting met Krugersdorp-Hekpoortpad: draai regs in rigting van Hekpoort.

Ry tot by afdraai na links (Magaliesburg/Maropeng).

Draai links en ry tot by die kruising op Krugersdorp-Magaliesburgpad.

Draai regs na Magaliesburg.

Vanaf Magaliesburg ry na Derby.

By Derby: ry net onderdeur brug voor die dorp en draai dan dadelik links tot by T-aansluiting met Rustenburg-Ventersdorp pad (500m).

Draai regs na Ventersdorp.

By Ventersdorp: ry regdeur Ventersdorp tot by kruising by N14 (Tarlton-Coligny).  Hou streng by die aanbevole spoed, Ventersdorp beboet buitengewoon maklik en hoog!

Draai regs na Coligny.

Ry verby Coligny tot in Lichtenburg.