Ds. Anthonie Welman

aw3Kontakbesonderhede

Tel 018 6325821

Sel 0828198392

Burgersstraat 4, Lichtenburg

of skryf 'n brief op die vorm onder, wat direk by Anthonie sal uitkom per epos.  Hierdie kommunikasie is streng vertroulik en sal slegs deur  Anthonie gesien word.

 



Anthonie is bevestig in Lichtenburg Klipkerk op 31 Oktober 2010.

Wat is vir hom belangrik in sy bediening?

Mense ... wat God leer ken, en leer om God lief te hê, en leer om God te dien!

Prediking lê hom na aan die hart, asook die versorging van sendelinge.

Gesonde gesinne maak sy hart warm.

Om te kuier by mense, by hulle betrokke te wees, met hulle te gesels: dit gee hom energie.

 

Anthonie se eerste gemeente was Klerksdorp-Suid (Sept 1989).

Die Here roep hom en sy gesin om as sendelinge te gaan werk in Gurue, Mosambiek (1999-2005).

Daarna was Anthonie aangestel as die bestuurder in die Getuieniskantoor van NG Lynnwoodrif, Pretoria (2006-2010).

Anthonie is getroud met Elsabé. Anthoon is in 1989 gebore. Tialet is in 1991 gebore.