Vroue in China Town
Gesellige uitstappie vir ons vroue na China-Town
Shop till you drop in China Town!
Die Vrouebediening het besluit dat die vroue hierdie jaar nie net saam gaan werk en bid en leer nie, maar ook saam gaan geniet en kuier. Wie kan winkels meer saam geniet as... 'n vrou! En wie kan winkels nog MEER saam geniet as dit so goedkoop is. 'n Helderkleurige jas vir R35 elk? Pragtigste serpies vir R35? Krale vir R10? Met die terugkom was dit 'n aaneenlopende gegons: "dit het net Rxx gekos" en "Ag nee, waar het jy dit gekoop?" Ingeprop in 'n mikrobussie, het ons al die pad gekuier en gelag van Lichtenburg tot in Johannesburg en terug. Ons het 'n geduldige man wat nie omgee om te wag, opgekommandeer as bestuurder van die bussie. Dankie Anthonie!
In hierdie dag het ons stories in die bus gehoor van hoe 'n vrou omgee en water aandra vir die ou mense wat wag op pensioen by die poskantoor. Ons was bewus van verlore siele van duisende chinese mense in ons land. Ons het besef dat ons ons eintlik met soveel minder kan klaarkom, daar is soveel nood. Laat ons dankie sê vir klein genadetjies en vir mekaar. Waar kinders van die Here saam kuier, is daar altyd iets te leer en te beleef.
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE
-
CLICK_TO_ENLARGE CLICK_TO_ENLARGE