As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Omgeegroepe

FOTO MICHAEL

Ouderling: Omgeegroepe
Michael van Rooyen
Tel: 082 490 1755

michael@nwk.co.za

 

 

Diaken: Omgeegroepe

Vakant

 

 

Omgeegroep :  Mense wat saam gesels, saam bid, saam worstel en mekaar versorg!!

Tans is daar 13 omgeegroepe in ons gemeente en hierdie groepe en individue is diensbaar op verskeie plekke in ons gemeente.

Die omgeegroepe vergader een keer per week en hanteer besprekings en onderwerpe volgens hulle keuse.  Elke omgeegroep staan onder toesig en leiding van 'n Herderleier. Die Herderleiers vergader van tyd tot tyd met die leraars vir leiding en riglyne.

 

Ons is oortuig daarvan dat Omgeegroepe God se plan vir kerk-herstel en kerk-groei is.  Veral in 'n tyd as 'n gemeente moedeloos wil raak.  Die Here is wêreldwyd besig om Sy kerk op te rig en te herorganiseer in kleiner eenhede of groepe.  Dink dis omdat Hy weet dat mense 'n "cozy" omgewing nodig het om geestelik te groei en omgee te kan ervaar.  Binne omgeegroepe word mense aangemoedig om die gebod van die liefde uit te leef en om "die goeie stryd te stry" tot by die wenpaal!   Ons is mos vir mekaar aanspreeklik. 

 

Ons besef ook dat die sukses van die omgeegroep bediening baie min met onsself te doen het.  Dit is God wat ons bekragtig en gebruik om sy plan uit te voer. 

Dit is ons wens dat daar sommer splinternuwe opgewondenheid en lewe sal ontspring in ons gemeente se omgeegroepe.  Nou... ons weet mos eintlik dat dit begin in die individu se lewe, maar veral ook by die leier (herderleier).  As God 'n visie vir geestelike groei in jou hart geplant het, wil ons jou help en toerus om 'n effektiewe leier te word.  Wees gehoorsaam en bly oop vir die Heilige Gees sodat God jou kan gebruik.

 

Indien jy graag deel wil word van 'n omgeegroep, of enige ander navraag het rondom omgeegroepe, kontak asb vir Ertjies. 

 

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable