Error
  • JUser: :_load: Unable to load user with ID: 546

Huwelike, Begrafnisse, Doop, Fasiliteite

HUWELIKE

Kontak die koster (kliek hier vir kontakinfo) om seker te maak wanneer die fasiliteite beskikbaar is, of sien skakel heel onder aan hierdie artikel by FASILITEITE.

Kontak self die leraar van jul keuse.

Kontak die koster vir reëlings oor die volgende:  klank, sangers, musiekinstrumente, mikrofone, speel van CD's tydens diens.

Kliek hier vir meer inligting rondom vorms, besprekings en kostes.

 

BEGRAFNISSE

In geval van sterftes, kontak eerstens een van die leraars of die kerkkantoor (kliek hier vir kontakbesonderhede van die kerkkantoor).

Kontak 'n mediese dokter.

Kontak dan die begrafnisondernemer.  Die begrafnisondernemer sal  namens u, alle reëlings tref met die kerkkantoor.


Tref finale reëlings met die koster (kliek hier vir kontakbesonderhede) vir die plasing van ruikers, vir vertoon van "slide-show" of speel van CD tydens erediens.  Die leraar moet ook in hierdie sake geken word.   

 

DOOP

U kan die volgende vorm (kliek hier) invul of 'n vorm by die kerkkantoor afhaal.

Hierdie vorm moet EEN kalendermaand voor die doopdatum, by die kerkkantoor ingehandig wees. 

Geen reëlings vir die dag moet getref word alvorens die doopdatum nie met ‘n leraar uitgeklaar is nie.

Ons wys u vriendelik daarop dat spesifieke datums reeds geskeduleer is op ons kalender, vir doop.  Kliek hier om ons kalender te besigtig.

 

FASILITEITE

Ons beskik oor die volgende fasiliteite:

Kerkgebou (historiese gebou).  Kyk gerus onder Argief na ons fotos.  

 Kerksaal.  

Groot lokaal (ongeveer 25 persone)

Klein lokaal (ongeveer 15 persone)

Kombuis en portaal 

Fasiliteite word ook beskikbaar gestel vir nie-lidmate teen donasie.