Ds. Johan van Zyl
Kontakbesonderhede
Sel 083 564 1874
H/v Burger- en Greeffstraat, Lichtenburg
of skryf 'n brief op die vorm onder, wat direk by Ds Johan sal uitkom per epos. Hierdie kommunikasie is streng vertroulik en sal slegs deur Ds Johan gesien word.
Ds. Johan is bevestig in Lichtenburg Klipkerk op 4 Februarie 2018.
Wat is vir hom belangrik in sy bediening?
- Wêreldbesending en Evangelisasie (Hy glo dis die hoofroeping van die Kerk)
- Gemeentebediening: Die vestiging van 'n sterk liefdesbediening
- Kleingroepe
- Dissipelskap
- Gebedsgroepe
- Bybelstudiegroepe
- Jeugbediening
- Huisbesoek
- Berading
Ds. Johan het sy bediening begin as Pastorale Hulp in die NG Kerk Stellenbosch in 1988
Tydens sy diensplig in 1990 doen hy diens as Diensplig Kapelaan
Hy word as voltydse leraar bevestig in die NGK Swartkopsrivier (nou bekend as Blouwaterbaai Familie Kerk) in Oktober 1991.
Ds. Johan - het ‘n besondere hart vir gebroke en stukkende mense
- het ‘n besondere passie om Jesus se liefde uit te leef na mense
- glo die Kerk moet ‘n liefdesgemeenskap van Gelowiges wees.